DIE ONDERSTAANDE PLAAS KAN BESKRYF WORD AS ‘N SPOGEENHEID EN IETS BESONDERS!!

PRICE: ZAR POA

DESCRIPTION

Die gronde is geleë vanaf Aliwal Noord in die rigting van Jamestown op die bekende Vineyard plato, met ‘n jaarlikse reënval van, 550 mm/jaar en die huidige woonplaas lê aan die oewers van bekende Kraairivier, wat ongeveer 90% tot 95% van die jaar standhoudend is. 

 

Die gesamentlike grootte van die drie eenhede is 3730 ha.groot (3680 ha.weiveld en 50 ha. besproeiingslande)  en is opgedeel in 69 veld kampe en 10 lande kampe.  Al die kampe is voorsien van permanente water, vanaf windpompe, fonteine, rivier, spruite.  Daar is ook addisionele gronddamme vir suipings in meeste kampe. Die weiveld se drakrag is 8 ha.per GVE.dws. 460 GVE.  Daar is tans 50 ha. onder besproeiing; waarvan 20ha spilpunte is en 30 ha. onder permanente spuite.  Die waterbron is die Kraairivier en ‘n groot opgaar dam, met ‘n kapasiteit van 240 000 kubieke meter.  Die waterregte is geregistreer en daar is nog moontlikhede vir uitbreiding van 20 ha. wat, tans met goukoppel pype natgemaak word. Die moederlyn kan net verleng word om permanente spuite in te sit. Verder is die eienaar in die proses om nog waterregte, wat aan die eiendomme toegeken is, te laat verifieer en registreer, wat dan die moontlikhede van besproeiing aansienlik kan uitbrei!! 

Daar is 15 ha. gevestigde lusern onder die spilpunte en 5 ha.,wat gebruik word vir mielie verbouiing. Die res van die lande is op die oomblik onder winterweiding, maar is besig om omgeskakel te word na lusern en ander permanente gewasse.  Van die lande was gebruik vir die verbouiing van groente, soos kool en pampoen,  met baie groot sukses.  Die lusern en mielies word gebruik vir die vee boerdery en die surplus word verkoop!!  Hier was in die verlede op grootskaal en baie suksesvol met volstruise geboer en die netjiese infrastruktuur wat vir die volstruis boerdery opgerig was, kan gebruik word vir die voer van skape en beeste, asook vir  intensiewe skaaplam produksie.  ‘n Nuwe eienaar kan ook weer volstruise op groot skaal hier grootmaak.  Hier is pragtige groot en netjiese store en twee baie goeie woonhuise met al die moderne geriewe!!  Die vee hanterings geriewe vir skape en beeste is uitstekend en is baie gebruikers vriendelik. 

 

Die opstalle het Eskom krag en die meeste store, werkswinkel, buitegeboue en arbeiders huise is met elektrisiteit  toegerus!!   5 Werkershuise is met sonpanele vir warm water toegerus.  Alles op hierdie plase is netjies en in ‘n baie goeie toestand.  Die draadheinings, wat die kampe omhein, is ook in ‘n baie goeie toestand.  Die watervoorsiening vir die vee is baie goed.  Die weiveld bestaan hoofsaaklik uit goeie soetgras en daar is baie vleie en waterbane. Die plaas is hoofsaaklik plat en golwend met baie skuiling vir die vee in die koue winters. Die goeie pad netwerk maak die hele plaas toeganklik met ‘n voertuig en dit vergemaklik die bestuur.  Die meeste veldtipes is ook uitgekamp, wat die weiveld bestuur baie vergemaklik. Op die weiveld word tans met vleisbeeste en wolskape geboer.  Die toestand van die vee was tydens ons besoek goed en die koeie was  besig om te kalf!!

Hierdie tipe eiendomme is baie skaars en sulke plase kom baie selde in die mark. Hierdie plase word baie sterk aanbeveel. 

 

Plase met ‘n drakrag van  669 GVE; wat onderskeidelik ,die  besproeiings lande se drakrag van 209 GVE en die weiveld se drakrag van 460 GVE insluit, is nie maklik as ‘n eenheid  te kry nie!! Met die baie goeie infrastruktuur leen die plaas hom uitstekend vir ‘n gediversifiseerde boerdery besigheid.  Verder het die plaas nog baie potensiaal, wat teen lae koste ontwikkel kan word, aangesien al die basiese infrastruktuur reeds daar is!! Hierdie is werklik iets om te sien en te beleef!! 

ENQUIRE BELOW