SKILDERAGTIGE PLAAS NIEU BETHESDA / GRAAFF REINET DISTRIK

R12 500 000.00

GALLERY

Click to enlarge photos

BESKRYWING

Hierdie  skilderagtige en karaktervolle familieplaas  met sy baie geskiedenis,is geleë ongeveer 8 km. Suid van die pragtige en geskiedkundige dorpie  Nieu Bethesda en ongeveer 50 km.vanaf Graaff Reinet.Met die eerste oogopslag kom die besoeker onder die indruk van die rustigeheid en skilderagtigheid van die omgewing .As die besoeker op die werf aankom omarm en omvou die wel en weë en harde werk van baie geslagte ,wat hier gewoon en werk het jou.Die huidige eienaars het ook die plaas in die laaste aantal jare  so bewerk en bestuur dat die vorige geslagte met trots hulle nakomelinge se handewerk met genoegdoening sal gadeslaan.Die woonhuis en die ander geboue op die  werf ,neem die besoeker terug in tyd tot in 1865,toe begin is om die plaas te bewoon en te bewerk.Die woonhuis wat reeds in 1865 gebou is en pragtig restoureer is, tot sy oorspronklike glorie,asook die buitegeboue,laat die besoeker tuis voel in die jaar 1865,hoewel hy ook al die moderne geriewe kan ervaar,sonder dat daar afbreek gedoen word aan die geskiedkundigheid van die plek.

 

Deur die jare het elke geslag sy deel in die bouproses bygedra en so ook die huidige eienaar,wat ongelukkig ‘n jaar gelede oorlede is en nog nie die waterwerke wat in 2011, met die vloed gedeeltelik verspoel het, kon herstel nie.Hy het intussen ongeveer 6 ha. besproeiing uit boorgate ontwikkel( Permanente Spuite of Permasets) en weidings gevestig,vir sy stoet “Meatmaster”skape en die stoet “Ngunibeeste”Daar is ongeveer 25 tot 30 ha. wat voor die vloed besproei was ,vanuit ‘n sterk fontein wat met behulp van ‘n Stuwal in die rivier en ‘n vloedvoor,water aan opgaardamme naby die huis voorsien het. Die lusernlande en ander gewasse is dan vanuit die damme besproei.Die stuwal is herstel,maar die vloedvoor moet skoongemaak word en die duikpyp onder die rivier deur moet nog herstel word.Ons is ook in die proses om die waterregte te verifieer,sodat die water weer gebruik kan word.Die finansiële voordeel wat die herstel van die water infrastruktuur en die lande sal hê,sal die koste ver oortref.Verder sal dit die waarde van die plaas aansienlik verhoog.Daar heers  op die oomblik’n buitengewone droogte en het die fontein in die rivier feitlik gaan staan,maar volgens  mense wat die plaas ken ,gebeur dit selde en volgens alle inligting tot ons beskikking,was daar gewoonlik en selfs gedurende periodieke droogtes genoeg water vir die landerye.

 

Die plaas is opgedeel in 10 veldkampe,wat van water voorsien word,deur twee windpompe en 5 fonteine,wat nieteenstaande die uiterste droë toestande nog loop.Daar is ook ,drie sterk boorgate wat die opstal se  mooi tuine en die 6 ha. weidings van water voorsien.Die ongeveer 6 ha. wat op die oomblik besproei word, is opgedeel in 10 kampies en die ou lande is ook opgedeel in 10 kampe .Die weiveld bestaan uit ongeveer 60 % plat golwende veld met doringboom leegtes,30%  rooiysterklip ranteveld.Feitlik die hele plaas is begaanbaar met ‘n 4 x 4 voertuig,vanweë bergpaaie ens.ONGEVEER 10% van die plaas bestaan uit rivierveld.Die plat en golwende veld ,is goed bedek met goeie grasse 10% en karoobossies 80% en beweibare struike 10%.Die ranteveld is hoofsaaklik  bedek met goeie grasse 70%,karoobossies 15% en beweibare struike 15 %.Hierdie plaas met sy pragtige natuurskoon en baie inheemse wild, leen hom uitstekend vir eko-toerisme en jag.Nieu Bethesda is ‘n groot toerisme aantreklikheid en daarom is die toeriste potensiaal van  hierdie plaas ,wat naby geleë is baie hoog, as mens dink aan verblyf,staproetes en 4 x 4 roetes.Hierdie plaas was vanaf 1865 tot 2005 in die besit van een bekende familie,wat baie befaam was vir hulle Merino en Angora stoeterye.Hierdie plaas het deur die eeue goed vir sy eienaars gesorg en was hulle bekend as welvarende boere.Die oorlede eienaar ,wie se boedel die plaas nou besit, moet die plaas  verkoop,weens  testamentêre opdrag.Die oorlede  eienaar,het ook suksesvol hier geboer in die laaste 13 jaar!!Hoewel dit abnormaal droog is, was die vee van die tydelike huurder ,in ‘n goeie kondisie (Beeste)tydens ons besoek.Die drakrag van die weiveld word beraam op 16 ha.per G.V.E.,sonder die lande.

 

Hierdie plaas van 2957 in sy huidige toestand en met die potensiaal wat ontwikkel kan word, word sterk aanbeveel teen ‘n prys van R12 500 000.(Onderhandelbaar)Plase in hierdie gebied is gesog en kom sulke plase selde in die mark.Die weiveld en die omgewing lyk nou  die slegste wat mens dit seker ooit sal sien, vanweë die droogte,maar is steeds pragtig en behoort ‘n absolute lushof te wees, in normale jare.Verder is die plaas geleë in ‘n baie veilige en rustige omgewing.Ek glo dat die plaas vining behoort te verkoop,veral indien dit gou reën.Ek dink ons kan voortgaan met die advertensie en as ons nog fotos bekom kan ons aanpassings maak.Ek het di took aan Patty gestuur en sy is baie tevrede.

ENQUIRE BELOW