HOFMEYR OOSKAAP PLAAS TE HUUR

PRICE: POA

DESCRIPTION

Hierdie plaas van 950 ha.,met ‘n drakrag van 70 GVE is geleë tussen Hofmeyr en Cradock en is ongeveer 30 km Suid van Hofmeyr en 40 km. Noord van Cradock.Die plaas is maklik bereikbaar en bestaan uit uitstekende gemengde gras/bossie leegte veld,wat natloop as dit reën!!Die plaas het ongeveer 25% rivierveld,bedek met uitstekende weiding vir beeste ,skape en bokke.Die weiding bestaan uit doringlose vygies,ganna,ankerkaroo en kerriebos,asook goeie grasse .Hierdie veld het ook doringbome en ander vreetbare bosse en struike.Hierdie plaas is uiters gekik vir beeste ,skape,boerbokke en angorabokke.Dit is  hoofsaaklik ‘n warm plaas met, behalwe die 25% rivierveld ,5% goeie rooiysterklip rante veld,bedek met rooigras en ander goeie grasse.Die res van die plaas

( 70%) bestaan uit leegteveld, hoofsaaklik bedek, met goeie grasse en karoobossies.Hierdie is ‘n baie goeie lammerskaap plaas en geskik vir die uitgroei van jong vee.(Die eienaar hou die ses ha. gevestigde lusern wat onder besproeiing is uit. Hier is ook ’n moontlikheid om waterregte te huur van ‘n buurman vir ‘n 25 ha. spilpunt.Hierdie moontlikheid moet eers onderhandel word) Die 950 ha. kan onmiddelik gehuur word.Oor die lande kan later onderhandel word!!

ENQUIRE BELOW