NOORSVELD PLAAS IN DIE WATERFORD DISTRIK, JANSENVILLE

PRICE: POA

GALLERY

Click to enlarge photos

 
BESKRYWING:
 

Hierdie 3311ha goeie ontwikkelde noorsveld plaas is geleë ± 40km vanaf Jansenville langs die Nationale Addo Olifant Park. Die plaas was al die jare bekend vir die vrugbare grond langs die Sondags rivier en goeie kwalitiet bokhaar.

± 3300ha met Eskom krag en selfoon ontvang op meeste dele van die eiendom. Eiendom is verdeel in 16 kampe. Heinings is in goeie toestand. Buite heinings is jakkalswerend en ´n gedeelte wildwerend. Water word voorsien deur 10 windpompe aan al die kampe. 2 Onontwikkelde boorgatte. Weiding bestaan uit golwende vlakte karoo/noorsveld met baie riviersveld. Sondagsrivier kronkel deur die plaas met ´n kliener rivier wat aan stuit. n Keerwal maak dit moointlik om water uit Sondagsrivier te keer in ´n kanaal na ´n groot grond dam by die lande vir besproeing. Lande is nie geplant nie maar het potensiaal vir lusern produksie ens.

Wild wat op die plaas gevind sal word sluit koedoe, steenbok en duikers in.

Infrasktuur bestaan uit 5 stelle veekrale. 2de woonhuis met stoor wat herstel kan word. 4 werkers huise, skeerstoor, dubbelgarage, koelkamer, werkskamer.

Gerieflike woonhuis met swembad en buite onthaal area, hoofslaapkamer (en suite) 4 slaapkamers, 2 badkamers, sit/tv kamer, studeerkamer, kombuis en spense.

 

ENQUIRE BELOW