LEEFSTYLPLAAS, COLESBERG, NORTHERN CAPE

PRICE: ZAR 3 000 000.00 excluding taxes

GALLERY

Click to enlarge photos

DESCRIPTION

DESCRIPTION:  Hierdie pragtige en stylvolle leefstylplaas in die Colesberg distrik is te koop teen ‘n onderhandelbare prys van R3 000 000.Tydens my onlangse besoek was ek beïndruk met hierdie pragtige plek.As jy op die werf staan is dit asof jy in ‘n ander wêreld is,met die netjiese en pragtige boomryke tuine en netjiese en gerieflike woonhuis,met baie goeie buitegeboue,skure,stalle en ander infrastruktuur.Die gedeeltelike uitsig op die vlaktes en berge is ook pragtig.Die plaas is toegerus met Eskom krag en daar is genoeg water vir die pragtige tuine en ongeveer 4 ha. lande,wat nie tans bewerk word nie.Die plaas is 454 ha.groot en die weiveld bestaan uit goeie gemengde karoo veld.Ongeveer 40% van die plaas bestaan uit rooiysterklip rante,wat goed bedek is met goeie soetgrasse,soos vingergras,rooigras,terpentyngras, assegaaigras en ander goeie grasse.Die 60% gelyktes is effe golwend met mooi vlei gedeeltes tussenin,asook goeie bosse,soos doringbome,bloubosse en taaibosse.Daar vloei ook ‘n spruit deur die plaas,wat begroei is met riete en struike.Hierdie is ‘n warm plaas met sy hoofsaaklik Noord Oostelike hellings!! Die rante beskerm die Noord Oostelike deel van die plaas teen die koue Suidewinde.Behalwe as leefstylplaas;is die plaas ook geskik vir die teel van perde. Hier kan ook met skape,bokke en beeste geboer word.Daar was vroeër jare met sybokke op die plaas geboer!!Die plaas is ook baie geskik vir die teel van eksotiese wild,indien die koper bereid sou wees om die plaas so in te rig,met die span van wildheinings ens!!Die lande is baie geskik vir die verbouiing van groente,soos uie,kopkool en blomkool.Verder kan die lande ook gebruik word vir die verbouing van voergewasse soos lusern,hawer ens.,wat gebruik kan word vir aanvullende dierevoeding!!Daar kom heelwat wild soos koedoes,rooiribbokke,en ander kleinwild op die plaas voor.Die plaas is opgedeel in 9 kampe met permanente water in almal.Aanvullend is daar ook verskeie gronddamme vir veesuipings.Die pragtige boomlanings,tuine en netjiese werf getuig van baie werk,kapitaal en liefde,wat vir baie jare in die plaas belê is!!Gemeet aan die kondisie van die vee wat op die plaas loop moet die weiding goed wees en is in ‘n goeie toestand!!Ek beveel graag die plaas aan vir iemand wat na aan die natuur wil leef in ‘n veilige landelike omgewing!Die woonhuis is toegerus met al die nodige geriewe,soos diefwering,alarm en internet.Die huis het 4 slaapkamers,2 Badkamers;(Een Onsuit).Daar is ook ‘n derde toilet.Daar is ‘n baie netjiese arbeidershuis met al die moderne geriewe!!Die plaas kan ook baie maklik ontwikkel word as gasteplaas,met 4 X 4 roetes en wildbesigtings toere ens.

ENQUIRE BELOW